Die bron van agapé is die Drie-enige God. Hy form die basis van alle verhoudings van gelowiges. Sonder hierdie onvoorwaardelike liefde is ook geloof en hoop kragteloos. (1 Kor 13:2)
Ons moet hierdie uitspraak sien in konteks van die onvolmaakte werklikheid tot Jesus Christus weer kom. In hierdie konteks anker en groei geloof, hoop motiveer om te volhard en liefde is die dryfkrag wat ons aanvuur.
Met Christus se wederkoms word geloof weet want ons sien God. Die hoop op die ewige volmaakte bedeling stop want dit het aangebreek. Agapé is deel van die ewige volmaakte bedeling en dit is onverganklik, daar is geen einde aan sy liefde nie (Ps 118).
In Christus is ek vir ewig geanker in onverganklike onvoorwaardelike liefde.