Christelike Gemeenskapsportaal
Die Parakaleo Portaal skep ‘n virtuele platform wat die geloofwaardige eenheid van die groter liggaam van Christus prakties beoefen in die gemeenskap. Die platform het ten doel om:
- mense buite die formele kerkinstellings na Christus te begelei en om nuwe gelowiges in te skakel by ‘n gemeenskap van gelowiges van hulle keuse.
- ‘n geleentheid vir gelowiges wat nie prakties by ‘n fisiese gemeenskap van gelowiges kan inskakel nie, ‘n tydelike alternatief te bied.
- gelowiges wat seergekry het in die kerk te help om weer ‘n geloofwaardige tuiste te vind.
Ons ondersteun interkerklike inisiatiewe waar Christus sentraal funksioneer om die eenheid van die liggaam van Christus sigbaar geloofwaardig te lewe. Ons fokus op Christus as die die Hoof en rede vir ons eenheid en respekteer die verskeidenheid. Ons moedig ook mense aan om met hulle kreatiewe talente die groter Christelike gemeenskap te op te bou en God te eer. Koninkryk word opgebou en uitgebou. Mense word geroep, toegerus en gestuur om hul indiwiduele en gesamentlike lewensdoelle in alle fasette uit te leef.
Ef 4:3 – Lê julle daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen julle gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
