Die normale missionale aard van gemeenskap van gelowiges.
Deel van die vestiging van die Parakaleo Portaal is om die karakter en waardes van die gewone Christelike gemeenskap helder en duidelik op die tafel te sit sonder om in ’n diep akademiese debat betrokke te raak wat mense nie nader aan Christus trek nie.
Gelowiges se identiteit is in Christus gevestig. Deur Hom kry ons deel aan die Goddelike natuur en groei ons geloof na onvoorwaardelike liefde vir alle mense. Wie ons is in Christus bepaal wat ons doen. Christus is die vertrekpunt van ons gedrag en verhoudings. Ons is dissipels van die lewende Jesus Christus. (Dit is nie opsioneel nie). Die Heilige Gees begelei ons op die reis in navolging van Christus. In Christus is ons natuurlik deel van die sending van God.(Missio Dei). (Dit is nie opsioneel nie). Dit borrel in my! My beker loop oor! Ek kan nie stilbly nie!
Nog ’n perspektief is dat die Lig is in ons. Gelowiges se helder lewende oë is soos die vensters waardeur die Lig skyn. Christus is die aantrekkingskrag na ware lewe. Ons elkeen het unieke stories waaroor ons nie kan stilbly nie om dat Christus in ons is. Op die reis ontdek ons die verstommende vrede van God selfs wanneer dit swaar gaan. In Christus is ons toegerus om mekaar in die gemeenskap raak te lewe en te bemoedig. Ontdek jou genadegawes en werk doelgerig saam. Hoor jou roeping en passies. In die proses deel ons die evangelie van Jesus Christus.
Ons is koninkrykburgers. Elke gelowige verteenwoordig die koninkryk waar ons in interaksie met die wêreld is. In Mat 6:33 leer Jesus wat primêr ons fokus bepaal. Ons beywer ons allereers vir die koninkryk van God, en die wil van God.
Ons is verseker nie perfek nie. Ons lewe nog in die onvolmaakte werklikheid. Ons stap daagliks in geloof met die vaste hoop dat Christus weer kom en dan breek die volmaakte ewige werklikheid aan. In die teenwoordigheid van die heerlikheid en harmonie met God. Tot dan lewe ons met die dryfkrag van agapé.
Ontdek jou gawes
Ef 4 vertel dat gelowiges met genadegawes toegerus is vir die dienswerk om die liggaam van Christus op te bou tot werklike eenheid in geloof, volmaak en volwasse soos Christus. Die gawes werk altyd in konteks van agapé. Lees gerus weer 1 Kor 13 in die verband.
Die Rock geloofsgemeenskap in San Diego deel die stukkie gereedskap met alle gelowiges wêreldwyd om jou te help om jou gawes te ontdek sodat dit in jou gemeenskap aan die werk kan kom.
Skakel: https://giftstest.com/
