In Christus is ons deel van ‘n groter gemeenskap van gelowiges waar die koninkryk lewe.
Die Bosveldsonsopkoms op die dekfoto wys op ’n nuwe dag met nuwe geleenthede ook vir Afrikaanse gelowiges wat Christus se onvoorwaardelike liefde met passie in ons moedertaal deel. Daar is geen eksklusiewe agenda nie, net praktiese Christenskap.
Die “onafhanklike” uitreik-inisiatief het in Garsfontein in Pretoria begin en ons is gemaklik om interkerklik saam te funksioneer met die fokus op die eenheid van die liggaam van Christus. Ons hart is ook dat mense wat tans grootliks buite die gemeenskap van gelowiges funksioneer, ‘n geloofwaardige samewerkende gemeenskap kan ontdek waar Christus en sy koninkryk die sentrale fokus is.
Daar is verseker nog baie meer en ook sluimerende potensiaal. Hierdie portaal behoort aan die groter geloofsgemeenskap en dien as ‘n tregter wat die samewerkende bedieninge geloofwaardig en aantreklik sigbaar maak. Kom maak jou rippel!
Daan Klopper is die koordineerder en Paul le Roux is die administrateur van die virtuele portaal.
Kontak: plerouxp2@gmail.com

