Ope uitnodiging
Hierdie portaal rig ‘n ope uitnodiging aan alle mense wat van Jesus Christus wil hoor en in die interim deel wil wees van ‘n aktiewe informele gemeenskap van gelowiges.
Gemeenskapbou
Die Parakaleo Portaal is ‘n virtuele en informele gemeenskap van gelowiges. Ons bou aan die ervaring van geloofwaardige gemeenskappe van gelowiges waar Christus sentraal staan. Ons is nie ‘n institusionele kerk of Bybelskool nie. Ons doel is dat gelowiges begelei word om in te skakel by formele kontakgroepe en geloofsgemeenkappe van hulle keuse.
Duidelike beleid
Die portaal bied ‘n gratis diens voorwaardelik aan. Die doel van die voorwaardes is om die onvolmaakte omstandighede waarin ons dien op ‘n ordelike en billike wyse aan te spreek.
