Skip to content
Skip to content
A: Grondbeginsels vir die bedryf van die portaal:
- Die Christelike Bybel (66 boeke) is die grondslag van ons leefstyl en leer. Ons waardeer die perspektiewe wat verskillende vertalings aanbied.
- Ondersteun die Apostoliese Geloofsbelydenis en Christelike geloofsbelydenisse met dieselfde karakter en inhoud.
- Ons respekteer verskillende interpretasies van die woord en verstaan dat ons almal se perspektiewe gebroke is. Ons kies dat die verskillende interpretasies nie mense oordeel of uitsluit nie met uitsondering van die volgende twee aspekte: Eerstens die kern van die evangelie van Jesus Christus en tweedens dat Christus die enigste weg is na die herstelde verhouding met God.
- Ons respekteer die feit dat party mense beter geskool is ten opsigte van die interpretasie van die Hebreeuse en Griekse oorspronklike tale en leer graag saam. Ons respekteer ook die geleentheid dat gewone mense die woord bestudeer en deur die Gees gelei word en ons moedig dit aan en leer om die leiding van die Gees te kan onderskei en bevestig.
- Ons lê ons daarop toe om die eenheid wat die Gees tussen ons in die gemeenskap gesmee het, te handhaaf deur in vrede met mekaar te lewe.
- Ons lȇ ons ook daarop toe om die genadegawes van Efesiërs 4 in balans te laat funksioneer.
- Die inisiatief is onafhanklik, interkerklik en selfonderhoudend.
- Ons gee voorkeur aan praktiese gebruik van eie moedertaal sonder om uitsluitend op te tree.
- Die konsep van die portaal kan deur enige taalgroep of kultuur gebruik word.
- Deelname is voorwaardelik en die besluit van die bestuur is finaal.
- Die bestuur behou die reg voor om in uitsonderlike gevalle in persoon gesprekke te fasiliteer.
- Die grootte van besprekingsgroepe moet verkieslik beperk word om deelname prakties te steun.
- Die bestuur word gevorm deur twee of meer ouderlinge volgens 1 Pet 5:1-7, 1 Tim 3:1-7 en 5:17-20.
- Enige uitgawes aan die onderhoud van die webwerf word vanuit onderlinge skenkings gedelg.
B: Voorwaardes vir deelname en beskerming van deelnemers en medewerkers:
- Eerste en ander verkennende besoeke gee beperkte toegang om slegs te lees.
- Die oop gedeelte van die portaal moet die evangelie helder en duidelik deel en ’n uitnodiging rig.
- Medewerkers en deelnemers word gekeur deur die ouderlingbestuur op grond van persoonlike getuienis en twee betroubare verwysings.
- Slegs goedgekeurde deelnemers kan kommentaar plaas. (Bestuur van sekuriteit van die virtuele platform noodsaak dit.)
- Die registrasie en goedkeuring proses sal jou ware identiteit op jou profiel wys. Die persoonlike data is nie toeganklik nie buiten vir die indiwidu en die administrateur. Die bepalings van die POPI wetgewing is van toepassing.
- Die ouderlingbestuur behou die reg voor om die toegang van enige deelnemer onmiddelik te stop indien daar enige afbrekende, disrespekvolle of verdelende kommentaar of materiaal geplaas word. So persoon sal na ’n afkoelingsperiode weer van vooraf aansoek moet doen.
- Die ouderlingbestuur behou die reg voor om in belang van die sekuriteit van die portaal en sy deelnemers op te tree ten opsigte van enige onvoorsiene situasie of voorval. So besluit is finaal.
- Deelname aan die portaal aktiwiteite is op ’n vrywillige grondslag. Deelnemers neem self verantwoordelikheid om hul eie belang te beskerm soos in enige openbare interaktiewe forum.