Die portaal help met die bewusmaking van Christelike interkerklike inisiatiewe wat help met gemeenskapsbou en opbou van die liggaam van Christus.
Plaaslike Halftyd Inisiatiewe

Halftyd SA bied ‘n geleentheid om stil te staan, te besin en te ontdek wat ons in die tweede helfte van ons lewe (30-60) wil bereik. Dit gaan daaroor om sinvol oud te word en van ons tyd, talent en hulpbronne na iets betekenisvol te herlei.
In die Suid-Afrikaanse kultuur, as jy eers verby ’n sekere ouderdom is, is jy meer geneig om onderwaardeer te word en as uitgedien beskou te word. By Halftyd glo ons die beste lewensjare lê nog voor. Al die ervaring, wysheid en kennis wat jy opgedoen het, skep baie meer geleenthede om ‘n lewe van betekenis te bou. Ons verbintenis is om individuele deelnemers persoonlik te vergesel op die pad om God se roeping te ontdek om ‘n tweede helfte van betekenis op ‘n volhoubare manier te leef.
Sien die skakel na die webwerf:https://www.halftimesa.co.za/
Plaaslike “Heartland” Inisiatiewe

Heartland bied avontuur en bos-gebaseerde ervarings aan wat ontwerp is om gesonde manlikheid binne die gesin te bevorder op ‘n manier wat Christelike gesinsbande versterk en beide meisies en seuns voorberei vir die uitdagings van volwassenheid.
Sien die skakel na die webwerf: https://heartland.org.za/
Plaaslike Gemeenskapbesigheid Inisiatiewe

CBI is ‘n interkerklike gemeenskap inisiatief om oud en jonk te help om klein gemeenskapbesighede van die grondslag af te ontwikkel. Dit skep alternatiewe inkomste geleenthede binne ‘n meer inklusiewe gemeenskap. Dit skep ook geleenthede vir seniors om as mentors op te tree. Die model kan as ‘n gemeenskapsprojek in enige Christelike gemeente gebruik word.
Sien die skakel na die webwerf: https://cbimobpot.co.za/
